Organogenese

Die organe wat uit die verskillende kiemlae ontwikkel.

Organogenese (van die Griekse woorde όργανον, "waarmee ’n mens werk", en γένεσις, "oorsprong, skepping") is tydens die ontwikkeling van ’n embrio die proses waardeur die kiemlae (ektoderm, endoderm en mesoderm) tot die interne organe van ’n organisme ontwikkel. By mense begin interne organe in die derde tot agtste week ná bevrugting vorm. Die kiemlae werk deur drie verskillende prosesse: deur te vou, te splits en te kondenseer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search